Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Jeremia 5:26-29

Jeremia 5:26-29 AFR20

“Ja, daar is goddeloses wat hulle onder my volk bevind. Gebukkend loer hulle, asof in die skuiling van voëlvangers. Hulle stel wippe; mense, dié vang hulle. Soos 'n mandjie vol voëls, so is hulle huise vol bedrog. Daarom het hulle belangrik en ryk geword. Hulle het vet en blink geraak; hulle is ook onoortreflik met dade van boosheid. 'n Regseis waaroor hulle nie uitspraak lewer nie, is die regseis van 'n vaderlose kind, sodat hulle dit nie laat slaag nie. Oor die regsaak van behoeftiges gee hulle geen beslissing nie. Sou Ek daaroor nie rekenskap eis nie?” is die uitspraak van die Here. “Of sou Ek My op 'n nasie soos hierdie nie wreek nie?