Hosea 1:2-3
Hosea 1:2-3 AFR20
Die begin van wat die HERE deur Hosea gesê het. Die HERE het vir Hosea gesê: “Gaan neem vir jou as vrou 'n prostituut wat hoerkinders het, want die land hou aan hoereer, weg van die HERE af.” Hy het gegaan en Gomer, dogter van Diblajim, as vrou geneem. Sy het swanger geword en vir hom 'n seun in die wêreld gebring.



