Want sowel Hy wat heilig maak as hulle wat heilig gemaak word, is almal uit Een. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie, wanneer Hy sê: “Ek sal u Naam aan my broers verkondig, in die byeenkoms sal Ek u lof besing!” En ook: “Ek sal my vertroue steeds in Hom stel.” En ook: “Kyk, hier is Ek en die kinders wat God My gegee het!” Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het ook Hy net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die Duiwel, kragteloos kon maak, en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry. Want Hy is vir seker nie oor engele besorg nie; inteendeel, Hy is oor Abraham se nageslag besorg. Daarom moes Hy in elke opsig gelyk word aan sy broers, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester kon word, om as offer te dien tot versoening van die volk se sondes. Want omdat Hy self gely het toe Hy versoek is, is Hy in staat om dié wat versoek word, te help.
Lees Hebreërs 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 2:11-18
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
7 dae
In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's