Prediker 4:9-12
Prediker 4:9-12 AFR20
Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help! Ook as twee by mekaar lê, kry hulle warm; maar as daar net een is, hoe kan hy warm word? As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie.








