Iemand het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Meneer, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te kry?” Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom vra jy vir My wat is goed? Daar is net Een wat goed is, en dit is God. Maar as jy die ewige lewe wil kry, dan moet jy gehoorsaam wees aan God se wette.” Die man sê toe: “Watter wette?” Jesus het vir hom gesê: “ Jy mag nie iemand doodmaak nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer,” en “ jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.” Die jongman sê toe vir Jesus: “Ek het alles gedoen wat God se wette sê. Wat moet ek nóg doen?” Jesus het vir hom gesê: “As jy waarlik alles wil doen wat God se wette sê, dan moet jy alles gaan verkoop wat jy het en jy moet die geld vir die arm mense gee. As jy dit doen, dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.” Toe die jongman hoor wat Jesus sê, was hy baie hartseer en hy het weggegaan, want hy was baie ryk.
Deel
Lees Matteus 19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's