Jesus en sy dissipels het verder gegaan. Hulle kom toe by 'n dorpie. 'n Vrou het Hom genooi om in haar huis te kom. Die vrou se naam was Marta. Haar suster se naam was Maria. Maria het by die voete van die Here gaan sit en sy het geluister na alles wat Hy sê. Maar Marta was baie besig om vir al die mense in die huis kos te gee. Sy kom toe na Jesus toe en sê: “Here, my suster los my alleen om al die mense te bedien. Dink U dit is reg? Sê vir haar sy moet my kom help.” Maar die Here het vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is bekommerd oor so baie dinge en jy maak jou moeg daaroor. Maar daar is een ding wat belangriker is as alles, en Maria het hierdie een ding gekies, en niemand sal dit wegneem van haar nie.”
Deel
Lees Lukas 10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's