Genesis 10

10
Die nageslag van Jafet, Gam en Sem
(Kyk ook 1 Kron 1:1-20)
1Hier is 'n lys van die nageslag van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Ná die watervloed het hulle kinders gehad.
2Jafet se nageslag was die mense van Gomer en Magog, die Mediërs, die Grieke en die mense van die lande Tubal, Mesek en Tiras.
3Gomer se nageslag was die mense van die lande Askenas, Rifat en Togarma. 4Elisa en Tarsis, die Kittiërs en die Dodaners was afstammelinge van die Grieke. 5Party van hierdie mense het oral in ander lande en naby die see gaan woon. Daar was verskillende families en volke. Elke volk het in sy eie land gewoon en het sy eie taal gepraat.
6Gam se nageslag was die mense van die lande Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7Kus se nageslag was die mense van die lande Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se nageslag was die mense van die lande Skeba en Dedan. 8Kus het ook 'n seun gehad, sy naam was Nimrod. Hy het 'n baie sterk en belangrike man geword. 9Hy was 'n goeie jagter. Die Here het hom so gemaak. Daarom, as iemand goed kan jag, dan sê die mense: “Hy is 'n goeie jagter, soos Nimrod.”
10Nimrod was eers die koning van die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne in die land Babel. 11Hy het uit die land Babel na die land Assirië gegaan en hy het die stede Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou. 12Hy het ook die stad Resen tussen Nineve en Kalag gebou. Resen was 'n groot stad.
13Die mense van Egipte was die voorvaders van die Ludeërs, die Anammers, die Lehabeërs, die Naftoagiete, 14en die mense van die lande Patros, Kasluag en Kaftor. Die mense van Kasluag was die voorvaders van die Filistyne.
15Die mense van Kanaän was die voorvaders van die mense van die lande Sidon en Het. Sidon was die oudste. 16Kanaän was ook die voorvader van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete, 17die Hewiete, die Erekiete, die Siniete, 18die Arwadters, die Semariërs en die Hamatters. Later het Kanaän se families oral gaan woon. 19Die grense van hulle grond was van die land Sidon tot by die stad Gasa naby die stad Gerar, en tot by die stad Lesa naby die stede Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.
20Al hierdie mense was die nageslag van Gam. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.
21Sem het ook 'n nageslag gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sem se oudste broer was Jafet. 22Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.
23Aram se nageslag was die mense van die lande Us, Gul, Geter en Mas.
24Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber. 25Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.
26Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 27Hadoram, Usal, Dikla, 28 Obal, Abimael, Skeba, 29Ofir, Gawila en Jobab. Hulle was almal Joktan se nageslag. 30Hulle het gewoon tussen Mesa en Sefar, in die berge in die ooste.
31Sem was die voorvader van al hierdie mense. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.
32Dit is die nageslag van Noag se seuns. Hulle was die voorvaders van al die volke wat ná die watervloed oral op die aarde gaan woon het.

Tans Gekies:

Genesis 10: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid