Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het. So sal julle God verheerlik. Dink daaraan dat Christus vir die Jode ’n dienskneg geword het om te bewys dat God getrou bly aan die beloftes wat Hy aan hulle voorouers gemaak het. Hy het ook gekom sodat die nie-Joodse nasies God kan verheerlik op grond van sy ontferming teenoor hulle. Dit is soos die Skrif sê: “Ek sal U loof onder die nie-Joodse nasies, ek sal tot eer van u Naam ’n lofpsalm sing.” Op ’n ander plek staan: “Juig, nie-Joodse nasies, tesame met die Here se volk.” En weer: “Prys die Here, alle nie-Joodse nasies! Loof Hom, alle volke!” En Jesaja sê op sy beurt: “Die erfgenaam van Dawid se troon sal na vore kom en Hy sal die heerskappy oor die nie-Joodse nasies oorneem. Op Hóm sal die nie-Joodse nasies hulle hoop vestig.” Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.
Lees ROMEINE 15
Luister na ROMEINE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 15:7-13
4 Dae
Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.
5 Days
We often hope in the world around us—for a promotion, a better relationship, a stronger family, and recovery of the sick. But trusting only in earthly outcomes will fail us. The Bible says we will experience loss and disappointment on earth, but we are held in God’s eternal love. On this plan, you will learn about God’s care for you and see how spiritual hope can bring strength amid life’s storms.
7 Days
How can we find the right attitude for every situation? What is the right attitude? This seven-day Bible Plan finds answers in the life and teachings of Christ. Let these daily encouragements, reflective prayers, and powerful Scriptures form in you the mind of Christ.
Marriage is designed to be the closest possible relationship of increasing intimacy and growing interdependence. But this is not automatic; we have to keep working at our marriage to stay connected. Adapted from The Marriage Course by Nicky and Sila Lee, this 7-day plan aims to introduce you to tools to build a healthy marriage and strengthen your connection—or to restore your connection if you feel you’ve lost it.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's