JEREMIA 5:26-29
JEREMIA 5:26-29 NLV
“Onder my volk is daar bose mense wat strikke stel soos voëljagters. Hulle stel strikke, maar vir mense. Hulle huise is vol bedrieglike planne, net soos ’n hok vol voëls. Daarom is hulle nou belangrik en ryk. Hulle is vet en blink! Hulle verkeerde dade het geen grense nie. Hulle ontsê reg aan weeskinders en dra nie die belange van die armes op die hart nie. Behoort Ek hulle nie hiervoor te straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op ’n nasie soos hierdie nie?” sê die Here.

