Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat heilig maak – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie. Want Hy sê vir God: “Ek sal u Naam bekendmaak aan my broers en susters. Ek sal in u gemeente u lof besing.” Hy sê ook: “Ek sal vas op Hom vertrou.” En verder: “Hier is Ek saam met die kinders wat God My gegee het.” Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel. Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het. Ons weet almal dat Jesus gekom het om die nakomelinge van Abraham te help – nie die engele nie. Daarom moes Hy ten volle soos ons – sy broers en susters – word om as ons ontfermende en betroubare Hoofpriester voor God priesterdiens te verrig en die sondes van God se volk te versoen. Omdat Hy self versoekings verduur het, kan Hy dié help wat onder versoeking swaarkry.
Lees HEBREËRS 2
Luister na HEBREËRS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 2:11-18
7 Days
Jesus — Is there anyone greater? NO! This is Part One of Nine devotional plans walking us through the Book of Hebrews. This first part sets the stage of Jesus’ Greatness and shows what sets Him apart. God’s people faced a tough choice — follow Jesus and lose everything, or go back. Is following Jesus worth losing so much? We find ourselves asking — and responding — to the same question today.
7 dae
In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's