Koning Darius het die wet uitgevaardig en dit onderteken. Toe Daniël hoor dat die wet onderteken is, het hy huis toe gegaan. Hy het daar ’n venster gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem. Hy het daar drie maal ’n dag op sy knieë gegaan om tot sy God te bid en om Hom te loof, soos hy gewoond was om te doen. Die amptenare het toe bymekaargekom en op Daniël afgekom waar hy besig was om tot sy God te bid. Hulle is na die koning toe oor die wet wat hy gemaak het. Hulle vra vir hom: “Het u nie die wet onderteken dat enige persoon wat gedurende die volgende 30 dae tot enige god of mens bid, behalwe tot u, vir die leeus gegooi sal word nie?” Die koning antwoord: “Ja, ek het. ’n Wet van Mede en Perse kan nooit verander word nie.” Hulle sê toe vir die koning: “Daniël, een van die Judese ballinge, steur hom nie aan u of aan u wet nie. Hy bid drie maal elke dag.” Toe die koning dit hoor, was hy baie kwaad vir homself. Hy het gedink oor hoe hy Daniël kon red. Hy het die res van die dag probeer om Daniël te bevry. Die mans is weer saam na die koning toe. Hulle sê vir hom: “O Koning, u weet tog dat ’n wet wat die koning geteken het volgens die reël van Mede en Perse vasstaan. Dit kan nie verander word nie.” Die koning het toe beveel dat Daniël gevange geneem en in die leeuhok gegooi moet word. Hy het vir Daniël gesê: “Mag jou God wat jy altyd dien jou red.”
Lees DANIËL 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 6:10-17
5 Days
Even when we know God is faithful, it can be hard for us to live open-handed and fully trust Him with our lives. We want to understand why things happen, and we want to be in control. This 5-day plan will help you see more of who God is, what He’s done, and what He wants for you so that you can begin to trust Him more.
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
14 Days
Often, we are tempted to only take prayer requests to God that have a precedence in history of being answered. But God waits to propel our situations into ground-breaking, history-making miracles, if only we have the faith to ask for that which is infinitely above and beyond human reach. Struggling to make some wild prayers? If that’s the case, this 14-day journey is for you.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's