Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 17:14

Die Krag van Eenheid
4 dae
Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

Hoe Moet Ons Bid?
6 dae
Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.

Herwin Jou Vertroue in God
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.

Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.

Geskenke van God
7 Dae
Miskien het jy al duisend maal die Kersboodskap van God se onvoorwaardelike vergifnis en liefde en vrede gehoor, maar het jy dit al jou eie gemaak? Het jy toegelaat dat hierdie waarheid vanaf ’n universele boodskap in jou kop tot in jou hart afsak? Dit is God se geskenk aan jou. Neem dit aan en vier fees in hierdie feesseisoen saam met Milanie Vosloo in hierdie sewe dagstukke.

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim Keller
14 Dae
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.