Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 5:23

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

Goeie Raad
6 Dae
Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van die slegte en eerder goeie raad wil volg.

VRYMAKING Van Pornografie Vir Mans
6 dae
Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veranderinge in jou liggaam wat verslawend en skadelik word. Dit kan lei tot ander sonde, maar die ergste van alles is, dit laat ons van God se liefde af wegbeweeg. God wil jou help om bevryding te vind van die patroon van wellus, skuldgevoelens en gebreekte beloftes.

Onweerstaanbaar: 'n 6-dag leesplan deur Andy Stanley
6 dae
Eendag, lank gelede, was daar 'n weergawe van ons geloof wat in werklikheid . . . onweerstaanbaar was. In hierdie leesplan, deur Andy Stanley, sal jy kan nadink oor die voorbeeld van geloof wat ons broers en susters uit die eerste eeu aan ons gestel het. Hulle het geen amptelike Bybels of status gehad nie, en tog het hulle 'n reeks gebeure begin wat die mees betekenisvolle en omvangryke kulturele gedaanteverwisseling veroorsaak het, wat die wêreld nog ooit gesien het.

Goddelike Tydsbestuur
6 Dae
Tradisionele tydsbestuur kan spanning veroorsaak wanneer die doel is om deur jou eie krag en selfdissipline, jou lewe onder beheer te kry. Die Bybel leer ons egter dat ons rus en vrede ontvang wanneer ons God met ons tyd vertrou. In hierdie 6-dag leesplan sal jy leer hoe 'n Godgesentreerde benadering tot tydsbestuur daartoe lei dat jy alle goeie dinge wat Hy vir jou wil gee, insluitend sy vreugde en vrede, kan ontvang.

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.

Die Vrug Van Die Gees
6 dae
God se Heilige Gees ontwikkel en vertoon sy vrugte in ons wanneer ons ons lewens aan God gee. As ons Hom volg, begin Hy in en deur ons doen wat net Hy kan doen: ons soos Jesus maak. In hierdie leesplan gaan ons na elke aspek van die vrug van die Gees kyk asook hoe ons ons lewens kan lei, gelei deur Hom.

Oggende Saam Met Die Heilige Gees
7 Dae
Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alledaagse lewe.

Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
7 Dae
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.

Meesterbrein
7 Dae
Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!
7 dae
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
7 Dae
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

Verlore Vrede
7 Dae
Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-dag leesplan wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks vergesel word, sal ons ontdek hoe om daardie verlore vrede waarna ons almal smag weer te vind.

Groter Beloning
7 Dae
Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap reeks, sal ons ontdek wat dissipline is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te inkorporeer in ons fisieke, verstandelike en geestelike lewens.

Dis Tyd Vir Fokus
7 dae
Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toelaat om saam met jou te delf, te ontdek en te leer — saam met Hom!

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Ek leer die Heilige Gees ken
7 dae
Die Heilige Gees wil jou beste vriend wees. Leer Hom ken, sodat jy elke dag met vreugde kan leef, soos dit Jesus se doel was.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 Dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.
