Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 5:23

Wat Is Geestelike Gawes?
4 dae
Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag leesplan sal jy van verskillende geestelike gawes leer, hoe om jou geestelike gawes te ontdek en die uiteindelike motivering wat jou sal dryf om jou gawes op die gegewe tyd te gebruik.

Nuwe Jaar, Dieselfde God
4 Dae
'n Nuwe jaar het aangebreek en daarmee saam nuwe doelwitte en voornemings wat ons wil bereik. Alles in die wêreld het verander; ons het egter dieselfde almagtige God wat in staat is om vir ons 'n geseënde jaar te gee. Sluit by my aan in hierdie 4 dae wat ons sal help om 'n jaar doelgerig te begin.

Hoe Om Jou Naaste Lief Te Hê
4 dae
In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

Gryp Die Rooi Foon!
5 Dae
Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 2)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's van 'n ma wat 7 kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 2 van 12 in hierdie reeks leesplanne deur Robin Meadows

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 3)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 3 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows

Oorweldig deur My Seëninge: Aanmoediging vir Mammas (Deel 4)
5 Dae
Aanmoeding vir ma's, van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die storie te vertel. Deel 4 van 12 in hierdie reeks van oordenking-leesplanne deur Robin Meadows.

Geen Berou
5 Dae
Hierdie kragtige daaglikse oordenkings verduidelik wat dit beteken om jou lewe sonder berou te leef. Word verfris en leer hoe om God te dien en te verheerlik asof dit jou laaste dag is. Die leesplan is gebaseer op die boek "No Regrets" deur Robin Bertram.

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Die Minimalistiese Huis
5 Dae
Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans
5 dae
Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as hierdie mans. Hul sukses (of gebrek daaraan) hou direk verband met hoe naby hulle aan God geleef het.

Waarom Paasfees?
5 Dae
Wat is so belangrik aan Paasfees? Waarom is daar soveel belangstelling in 'n persoon wat meer as 2000 jaar gelede gebore is? Waarom is so baie mense opgewonde oor Jesus? Waarom het ons Hom nodig? Waarom het Hy gekom? Waarom het Hy gesterf? Waarom moet enigiemand die moeite doen om dit uit te vind? In hierdie 5-dag leesplan deel Nicky Gumbel dwingende antwoorde op hierdie vrae.

Maak Tyd Om Te Rus
5 dae
Werkverslawing en om gedurig besig te wees, word dikwels in ons wêreld aangeprys, wat rus dan 'n uitdaging maak. Om ons rolle en planne effektief uit te voer, moet ons rus of ons sal niks oorhê om geliefdes te ondersteun en doelwitte te bereik nie. Oor die volgende vyf dae gaan ons leer om te rus en hoe om dit op ons lewens toe te pas.

Wandel in die Heilige Gees
5 Dae
Die Heilige Gees het die vergete God geword. Ons moet nie vergeet dat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het nie, maar die outeur is altyd groter as sy boek. Terwyl Jesus op aarde was het Hy op die Heilige Gees staatgemaak, en daardeur vir ons 'n voorbeeld gestel om dieselfde te doen.

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil
5 Dae
Selfs met agt miljard mense in die wêreld, is daar niemand wat ten volle oor alles met jou sal saamstem nie. Ons sienings van sosiale ongeregtighede, politiek, huidige gebeure en godsdiens is uniek. Al is ons sienings verskillend, kan en behoort ons eenstemmigheid te bereik. In hierdie 5-dag leesplan gaan jy leer hoe om mense lief te hê, te respekteer en empatie te betoon deur in vriendelikheid en met genade die waarheid te praat.

Onverwagse Tuisskool Onderwyser
5 Dae
Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderrig te oorweeg. Hierdie leesplan deur die veteraan tuisonderrig ma, Robin Meadows, is só geskryf dat dit sekere van jou vrae sal beantwoord, baie van jou vrese sal besweer, en jou sal bemoedig dat mét Jesus alles moontlik is!

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Beter As Normaal
5 Dae
Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie altyd gesond nie. In hierdie leesplan gaan ons God se Woord bestudeer oor hoe om verby 'n normale leefwyse te beweeg en veranderinge aan te bring, sodat ons beter as normaal kan leef.

Deel Jou Geloof
5 Dae
Wanneer ons volgelinge van Jesus word, begin ons 'n lewenslange reis van groei. 'n Deel van groei in ons geloof is om te leer hoe om die goeie nuus van Jesus met ander mense te deel. In hierdie 5-dag leesplan sal ons leer hoe om die hoop en vrede te deel wat ons in Christus het — en hoe dit iemand se lewe kan verander!

Beter Besluite, Minder Berou
5 dae
Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompliseer met slegte besluite nie, het die meeste mense nie ’n plan om goeie besluite te neem nie. Hierdie leesplan is gebaseer op Andy Stanley se boek "Better Decisions, Fewer Regrets."

"eKidz" Oordenking: Alles Oor Keuses
5 Dae
God het ons as sy beeld geskep — selfs as ons foute maak, is Hy steeds lief vir ons. In hierdie 5-dag leesplan praat ons oor hoe ons keuses tot 'n Goddelike karakter kan lei — met eerlikheid, vertroue en integriteit. Ons sal Bybelverhale verken en luister na snitte uit die "eKidz-family-podcast", "Adventures Of The StarKeepers", om ons te help om hierdie lesse in ons lewens toe te pas.

Lewe Veranderd: Binne die Huwelik
5 Dae
Daar is nie iets soos die perfekte huwelik nie, want die huwelik is die samevoeging van twee onvolmaakte mense. Met God se hulp kan jy egter 'n wonderlike huwelik hê – nie deur Hom te vra om jou huweliksmaat te verander nie, maar deur Hom te vra om in jou hart werk. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om genesing, vrede en vertroue in Christus te vind sodat jy jou huweliksmaat kan liefhê en jou huwelik kan herskep.

God en Romantiese Afsprake: Gedagtes oor Verhoudinge.
5 Dae
God haat nie romantiese afsprake nie, maar Hy het 'n mening oor verhoudings. Hy haat nie romantiese afspraak-toepassings nie, maar Hy wil hê jy moet wys wees hoe jy na liefde soek. Verken wat God dink oor die plekke waarheen jy gaan, met wie jy uitgaan, hoe jy jou gedra en wat jy op jou romantiese afsprake doen om seker te maak dat jy daarvoor gereed is en dit vir die regte redes doen, op 'n wyse wat God vereer en verheerlik.

Ervaar God as 'n Vriend
5 Dae
Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.