ROMEINE 12:10
ROMEINE 12:10 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan Christus en aan mekaar, daarom moet julle lief wees vir mekaar. Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer.
ROMEINE 12:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning
ROMEINE 12:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
ROMEINE 12:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning.
ROMEINE 12:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees vriendelik teenoor mekaar met broederliefde; in eer om mekaar te verkies
ROMEINE 12:10 Die Boodskap (DB)
Julle moet mekaar soos eie broers en susters liefhê. Behandel mekaar met groot respek en agting.