DIE OPENBARING 22:6-7
DIE OPENBARING 22:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Die engel het vir my gesê: “Die dinge wat in hierdie boek geskryf is, is waar. 'n Mens kan dit glo, want die Here God het vir die profete gesê wat hulle moet sê. Ja, God het sy engel gestuur om vir sy dienaars die dinge te wys wat gou moet gebeur.” Christus het gesê: “Ek sal gou kom! In hierdie boek is die dinge geskryf wat moet gebeur. As iemand dit lees en dit glo, dan is hy gelukkig!”
DIE OPENBARING 22:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur. Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
DIE OPENBARING 22:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.” Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.”
DIE OPENBARING 22:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het die engel aan my gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here, die God van die geeste van die profete, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur. ” “Kyk, Ek kom gou! Gelukkig is dié wat vashou aan die woorde van die profesie van hierdie boekrol. ”
DIE OPENBARING 22:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om aan sy dienaars te wys wat binnekort gedoen moet word. Kyk, Ek kom gou; geseënd is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
DIE OPENBARING 22:6-7 Die Boodskap (DB)
En die engel sê toe vir my: “Jy kan al hierdie woorde maar glo. Dit is waar en niemand hoef daaroor te twyfel nie. Die Here God het mos sy boodskappers van ouds gebruik om sy woord te verkondig. Dieselfde God het nou sy boodskapper gestuur om vir al die mense wat Hom so getrou dien te wys wat een van die dae moet gebeur. Maak jou reg; Ek kom gou! Enigeen wat die boodskap van God in hierdie boek lees, moet homself baie gelukkig ag!”
DIE OPENBARING 22:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die engel het toe aan my gesê: “Hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar. Die Here God wat sy Gees aan die profete gegee het, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.” Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die profetiese woorde in hierdie boekrol gehoorsaam.”