MATTEUS 22:38-39
MATTEUS 22:38-39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
MATTEUS 22:38-39 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die eerste en belangrikste wet. Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘ Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’
MATTEUS 22:38-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
MATTEUS 22:38-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die belangrikste en die eerste gebod. En die tweede wat hieraan gelyk staan, is, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
MATTEUS 22:38-39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede is daarmee gelyk: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
MATTEUS 22:38-39 Die Boodskap (DB)
Hierdie opdrag staan boaan die lys. Maar daar is ’n tweede opdrag wat langs die eerste een op die lys staan: ‘Jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy is.’