LUKAS 23:42-43
LUKAS 23:42-43 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê hy vir Jesus: “Jesus, dink aan my wanneer God vir U Koning maak.” En Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:42-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
LUKAS 23:42-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:42-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom! ” Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:42-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir Jesus: Here, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
LUKAS 23:42-43 Die Boodskap (DB)
Toe kyk hierdie man na Jesus toe en sê: “Ag, Here, sal U asseblief aan my dink wanneer U daar in God se woonplek aankom?” “Ek het baie goeie nuus vir jou,” het Jesus dadelik geantwoord. “Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie. Nee, jy gaan saam met My na die paradys toe. Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak.”