GENESIS 37:22
GENESIS 37:22 Bybel vir almal (ABA)
Moenie bloed laat vloei nie. Gooi hom in hierdie put in die veld, maar moenie hom doodmaak nie.” Ruben het dit gesê sodat hy later vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon laat teruggaan.
GENESIS 37:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie — sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
GENESIS 37:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie moord pleeg nie. Gooi hom liewer in hierdie put hier in die veld. Moenie sy lewe neem nie.” Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur.
GENESIS 37:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ruben het daarby vir hulle gesê: “Moenie bloed vergiet nie. Gooi hom in hierdie opgaarput in die woestyn; maar moenie 'n hand aan hom slaan nie.” Dit was sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te neem.
GENESIS 37:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ruben sê vir hulle: Vergiet geen bloed nie, maar gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, en lê hom nie die hand op nie; sodat hy hom uit hulle hande kon verlos, om hom weer aan sy vader oor te gee.
GENESIS 37:22 Die Boodskap (DB)
“Moet tog nie dat sy bloed vloei nie,” het hy gepleit. “Gooi hom eerder in ’n put êrens in die woestyn, maar moet net nie die kind doodmaak nie.” Ruben het dit gesê omdat hy ander planne gehad het. Hy sou Josef uit die put red en hom na sy pa toe terugneem.