GENESIS 37:20
GENESIS 37:20 Die Boodskap (DB)
Hoekom maak ons nie die ou windlawaai dood en gooi sy liggaam in een van die putte nie? Ons kan sê die een of ander wilde dier het hom gevang en uitmekaargeskeur. Dan sal ons sien wat van al sy droompraatjies gaan word.”
GENESIS 37:20 Bybel vir almal (ABA)
Kom ons maak hom dood en gooi hom in 'n put. Ons kan vir ons pa vertel dat 'n wilde dier hom opgevreet het. Dan sal ons sien dat al sy drome niks beteken het nie.”
GENESIS 37:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: 'n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.
GENESIS 37:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom ons maak hom dood en gooi hom in 'n put. Ons kan sê 'n roofdier het hom opgevreet. Dan sal ons sien wat word van sy drome.”
GENESIS 37:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom dan nou, laat ons hom vermoor en in een van die opgaarputte gooi. Ons sê dan 'n roofdier het hom opgevreet. Dan sal ons sien wat word van sy drome!”