EFESIËRS 1:13-14
EFESIËRS 1:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Julle in Efese behoort ook aan Christus, julle het die regte boodskap gehoor, die goeie boodskap dat God julle wil red. Julle behoort aan Christus, julle glo in Hom, en daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy belowe het. Die Heilige Gees wys dat julle aan God behoort. Ja, ons het die Heilige Gees, en daarom weet ons God sal vir ons alles gee wat Hy vir ons belowe het. Hy sal ons heeltemal vrymaak, ons wat aan Hom behoort. Daarom moet ons vir God, ons Koning, prys!
EFESIËRS 1:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.
EFESIËRS 1:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op wie julle ook vertrou het, nadat julle die woord van die waarheid gehoor het, die evangelie van julle verlossing; in wie julle ook, nadat julle geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, Dit is die eer van ons erfdeel tot die verlossing van die gekoopte besitting, tot lof van sy heerlikheid.
EFESIËRS 1:13-14 Die Boodskap (DB)
Julle is ook deel van die groep mense wat Christus s’n is. Dit is so van die dag af dat julle die waarheid gehoor en besef het dat julle elke woord daarvan kan glo. Ek praat van die goeie boodskap oor Jesus wat julle red. Daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy beloof het. Die Gees is soos ’n merk wat God julle laat dra om te wys dat elkeen wat Jesus s’n is, ook Syne is. Meer nog, die Gees is ook ons bewys dat God begin het om vir ons alles te gee wat Hy ons beloof het. Die Gees is maar die begin van dit wat God eendag alles vir ons gaan gee. Hy gaan elkeen wat Syne is heeltemal vrymaak. Laat ons vir almal vertel hoe groot God is.
EFESIËRS 1:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!