1 PETRUS 2:2
1 PETRUS 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Klein babatjies wil baie graag melk drink, so moet julle ook graag vol wil word van geestelike dinge. Dit is soos regte melk wat nie vals is nie en wat julle só sal laat groei dat die Here julle sal red.
1 PETRUS 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei
1 PETRUS 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.
1 PETRUS 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing
1 PETRUS 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Begeer as pasgebore kindertjies na die opregte melk van die woord, sodat julle daardeur kan groei.