1 PETRUS 2:16
1 PETRUS 2:16 Bybel vir almal (ABA)
Julle is vry mense, maar julle moenie dink dat julle slegte dinge mag doen omdat julle vry is nie. Nee, julle is vry mense, maar julle is ook dienaars van God.
1 PETRUS 2:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
1 PETRUS 2:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
1 PETRUS 2:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Leef as vry mense – nie soos hulle wat vryheid as dekmantel vir die kwaad beskou nie, maar as diensknegte van God.
1 PETRUS 2:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As vrymense en nie julle vryheid as 'n dekmantel van kwaadwilligheid gebruik nie, maar as dienaars van God.
1 PETRUS 2:16 Die Boodskap (DB)
God het julle vry mense gemaak. Julle moet dit egter nie as verskoning gebruik om te leef net soos julle wil nie, reg of verkeerd. Nee, julle vryheid kan nooit van julle mense maak wat nie in alles na God luister en nie maak soos Hy wil hê nie.