1 PETRUS 2:15
1 PETRUS 2:15 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet gehoorsaam wees, want God wil hê dat die onverstandige mense moet stilbly wanneer hulle sien dat julle goeie dinge doen. Die onverstandige mense weet nie wat God wil hê nie.
1 PETRUS 2:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring
1 PETRUS 2:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.
1 PETRUS 2:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God wil immers hê dat julle, deur goed te doen, die onkunde van dwase mense stopsit.
1 PETRUS 2:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want so is die wil van God, dat julle deur goed te doen die onkunde van dwase mense tot swye kan bring.