Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil.
Lees 2 KORINTIËRS 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 2 KORINTIËRS 8:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's